SOET-EN-SUURSOUS

1 klein soetrissie, ontpit en fyngekap       
1 wortel gerasper
80 ml asyn                                                     
 62,5 ml suiker
25ml sojasous                                               
2 ml sout
250 ml kookwater waarin hoenderblokkie opgelos is        
10 ml mielieblom
125 g pynappelblokkies
Giet kookwater oor soetrissies.  Meng asyn en suiker en roer by lae temperatuur tot gesmelt.  Voeg gedreineerde soetrissie en al die ander bestanddele behalwe die laaste twee, by asynmengsel.  Bring weer tot kookpunt.  Proe daaraan en geur met sout en peper.  Voeg pynappelblokkies en aangemaakte mielieblom by.  Meng goed en sit voor.  Ook baie lekker by varkvleis of oor gaar frikkadelle.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 379 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *