Spek en Tamatietert

Bestanddele
1 koppie (250ml) koekmeel                                                          
1 teelepel (5ml) bakpoeier knypie rissiepoeier                                                                                    
2 eiers geklits
2 spekrepe, gekap                                                                            
Marmite
1 koppie (250ml) cheddarkaas, gerasper                                
1 teelepel (5ml) mosterdpoeier
125 harde botter/ margarien, gerasper                   
1 koppie (250ml) melk
2 tamaties, sap en pitte uitgedruk
Metode
Voorverhit oond tot 180 ºC. Meng meel, helfte van kaas, bakpoeier, mosterdpoeier en rissiepeper saam. Voeg gerasperde botter of margarien by. Meng eiers en melk en voeg by meelmengsel. Roer met ‘n mes (die beslag sal sag en klonterig wees). Skep in ‘n tertbord en bak vir 10 minute lank op 180 ºC. Verlaag temperatuur tot 160 ºC en bak vir nog 10 minute. Braai intussen die spek totdat die vet begin uitbraai, voeg tamatie by en roerbraai tot effens verlep. Smeer ‘n bietjie Marmite oor die warm tertkors en skep tamatie, spek en die res van die kaas daarop. Plaas 5 minute lank terug in die oond of onder die oondrooster om kaas te smelt. Sit warm voor.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 104 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *