Suikermielie en Spektert

Bestanddele Kors
3 koppies (750ml) koekmeel                                                        
1 koppie (250ml) margarien
1 koppie (250ml) room                                                   
1 teelepel (5ml) sout
8 ml (ongeveer 1 ½ teelepel) kremetart                                
 2 eiergele, geklits
Bestanddele Vulsel
5 teelepels (25ml) margarien                                                       
300ml warm melk
knippie rissiepeper                                                                          
100ml cheddarkaas, gerasper
10 swoerdlose spekvleisrepe                                                      
8 teelepels (40ml) koekmeel 2 ml (ongeveer ‘n halwe teelepel) mosterdpoeier                  
sout en peper na smaak
1 blik (410g ) geroomde suikermielies
Metode
Voorverhit oond tot 190 ºC.
Metode Kors
Sif koekmeel en sout saam, vryf die margarien met jou vingerpunte in. Meng eiergele en room goed en voeg by die meelmengsel. Maak dit aan tot ‘n stywe deeg. Rol die deeg dun uit en strooi die kremetart bo-oor. Vou die deeg in drie en verkoel in die yskas. Rol dit weer dun uit en voer ‘n tertbord met ‘n deursnee van 20cm daarmee uit.
Metode Vulsel
Smelt margarien, voeg koekmeel by en roer tot glad. Voeg melk, sout, peper, rissiepeper en mosterdpoeier by en roer oor lae hitte totdat sous dik is. Verwyder van hitte en vou die helfte van die kaas en die hele blik suikermielies in. Snippper 5 van die spekrepe en braai dit tot bros. Voeg dit by die suikermieliemengsel en meng. Skep die vulsel in die tertkors, maak dit gelyk bo-op en strooi die res van die kaas bo-oor. Garneer die tert met die 5 heel spekrepe. Bak die tert 30 minute lank. Bedien warm.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 235 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *