VAN DER HUM-LIKEUR

5 heel naeltjies                                                                 
25 ml gedroogde nartjieskil, verkrummel
1 heel kaneelstokkie                                                      
 knippie neutmuskaat
750 ml brandewyn                                                           
200 ml witsuiker
200 ml water
Voeg die naeltjies, nartjieskil, kaneelstokkie en neutmuskaat by die brandewyn en plaas terug in die bottel.  Draai die prop toe en laat staan een maand lank.  Giet deur ‘n fyn sif of nat moeseliendoek.
Plaas die suiker en die water in ‘n kastrol en verhit totdat die suiker gesmelt is.  Roer gedurig.  Kook sowat 6 minute lank om ‘n dik stroop te vorm.  Voeg die brandewyn by en meng.  Giet uit in ‘n bottel, draai toe en bêre sowat 2 weke lank voordat jy dit voorsit.  Lewer 900 ml likeur.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 109 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *