Grondboontjie bruintjies

Baie dankie vir jou resep Okkie C. Jansen van Vuuren
 

Bruintje mengsel
200 gram sjokolade
180 ml strooisuiker
160 ml koekmeel
125 ml botter
5 ml vanilla essens
3 eiers
Sit botter en sjokolade in bak en verhit stadig tot gesmelt en glad. Verwyder van hitte en roer die suiker in en daarna die eiers een een op ‘n slag dan die vanilla en en heel laaste die meel ingesif
Grondboontjie mengsel
160 ml gronboontjie botter
125 ml versiersuiker
60 g sagte botter
5 ml vanilla essens
Meng alles saam tot glad
Metode
Gooi die bruintje mengsel in ‘n gesmeerde pan of oonvaste glasbak van so 20 by 24 cm  en maak gelyk
Verspei die grondboonjie mensel so lepelsvol eweredig in pan en sny effens met mes in.
Bak teen 180 grade Celcius vir 30 tot 40 minute (ferm as jy daaraan raak)
Laat afkoel voor jy dit verdeel en uitkeer uit pan

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 170 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *