Korslose Spek en Worsietert

Bestanddele
Botter om ‘n tertbord van 22cm te smeer                            
125g swoerdlose ontbytspek, gekap
1 blikkie (200g) Weenseworsies in dun ringetjies gesny
1 koppie (250ml) beleë cheddarkaas, gerasper    
1 eetlepel (15ml) olie
3 ekstra groot eiers                                                                          
1 teelepel (5ml) bakpoeier
1 teelepel (5ml) mosterdpoeier                                                
 1 ½ koppie (375ml) karringmelk
3- 4 eetlepels (30- 45ml) vars volgraan- broodkrummels om in bord te sprinkel
2 eetlepels (30ml) gekapte pietersielie                   
1 klein uitjie, baie fyn gekap
1 teelepel (5ml) gemengde droë kruie                   
 1 ½ koppie (375ml) melk
1 teelepel (5 l) gegeurde sout (sout en peper)   
 3 eetlepels (45ml) meel
Metode
Braai die spek in die olie tot die vet begin uitbraai. Voeg die uie by en braai tot dit sag en glansend is. Voeg die worsies, pietersielie en kruie by. Sprinkel die kaas in die voorbereide bak. Skep die vleismengsel eweredig oor die kaas. Klop melk, eiers, meel, bakpoeier en geurmiddels deeglik saam. Giet oor die vulsel. Bak ongeveer 35 minute lank in ‘n matige oond by 180 ºC tot mooi bruin en gestol.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 255 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *