PIESANGLIKEUR

Bestanddele
7 medium ryp piesangs                                                     
750 ml brandewyn
500 ml suiker                                                                          
 250 ml water
Metode
Skil en sny piesangs in dun skywe.  Plaas piesangskywe in glasfles met deksel.  Voeg die brandewyn by en verseël goed.  Laat vir sowat vyf weke in ‘n warm plek staan en skud gereeld. Giet mengsel eers deur ‘n sif en syg dan deur 4 lae kaasdoek.  Plaas eenkant. Plaas suiker en water in swaarboomkastrol en roer oor lae hitte totdat suiker opgelos het.  Verhit tot kookpunt en laat vir 12 minute kook.  Verwyder van hitte en laat afkoel.  Voeg piesanggegeurde brandewyn by koue stroop en meng. Gooi likeur in droë gesteriliseerde bottels, sit prop op, verseël en etiketteer.  Laat vir een maand staan, voor gebruik.      Lewer 1 liter.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 102 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *