Romerige Hoenderrisotto

Bestanddele
300ml rou rys
15ml olyfolie
2-3 hoenderborsies (ontvel en ontbeen in blokkies gesny)
1 ui gekap
1 rooi soetrissie gekap
100g wit sampioene
1 blik hoenderroomsop
250ml hoenderaftreksel
50ml wit wyn
100g gevriesde ertjies
100g jong groenboontjies

Metode
Kook die rys. Verhit die olie in groot kastrol, en roerbraai die uie. Voeg die soetrissie en die hoender by en roerbraai vir nog 5 min. Voeg sampioene by en roerbraai die mengsel vir nog 5 min. Voeg die sop, aftreksel, wyn, boontjies en ertjies by en kook stadig vir 10 min. Roer die warm rys by en geur met varsgemaalde swart peper.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 125 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *