TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES POTJIE

Dankie vir jou resep Okkie

1kg lamsnekskywe, 20mm dik     
sout en varsgemaalde peper na smaak
3 uie, in skywe gesny  
2 knoffelhuisies, fyngedruk    
5ml suiker
4 tamaties, geskil en gekap    
375ml vleisaftreksel
45ml olyfolie
3 groot aartappels, in kwarte gesny
Plaas ‘n gietysterpot oor matige kole. Verhit die olie in die pot en braai die vleis goudbruin. Voeg geurmiddels by. Voeg uie, knoffel, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1½ uur. Voeg aartappels by, maak toe en prut vir ‘n verdere 30 minute. Maak kluitjies soos hieronder verduidelik, en skep dit bo-op die vleis. Sit deksel op en wag sowat 12 minute. Sit dadelik voor.

KRUIEKLUITJIES
250ml bruismeel
15ml vars of 5ml droë gemengde kruie
1 eier geklits
5ml sout       
10ml botter
60ml melk
Sif meel en sout saam. Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg kruie by. Klits melk en eier saam. Meng liggies met meel. Skep lepels vol bo-op vleis in pot. Moenie die deksel oplig vir ten minste 10-12 minute, terwyl die kluitjies kook nie.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 458 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *