Bangers met Mash

Bestanddele Kappokaartappels
1kg aartappels                                                                    
60ml olyfolie
80-100ml room                                                                   
Sout en swartpeper
Metode
Kook aartappels in soutwater tot gaar en sag Sny in dik skywe. Plaas terug in kastrol en druk fyn. Verhit die room en olyfolie, voeg by en roer goed deur. Daar moet geen klonte wees nie. Geur na smaak.
Bestanddele Bangers met kaas en spek
8 worsies                                                                                              
100g mozzarellakaas
8 repies spek                                                                                      
30ml aangemaakte mosterd
Bestanddele 
Rooster of braai die worsies tot gaar, laat afkoel en sny ‘n snit in die lengte van die worsie. Moet nie deursny nie. Plaas ‘n skyfie kaas in elke worsie. Rek die spekrepies effe uit en smeer elk met mosterd. Indien nodig, steek die spek met peuselstokkie vas. Rooster vir ‘n paar min. om die kaas te smelt en spek te braai. Bedien met kapokaartappels.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 115 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *