Beesstertbredie

Bestanddele
15ml margarien
2 uie (ringe gesny)
1.25kg Beesstert
6 middelslag aartappels (gehalveer)
125ml kookwater
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
60ml asyn
10ml matige kerriepoeier
3ml swartpeper
5ml geuropwekker

Metode
Smelt die margarien in ‘n drukpot sonder die deksel en braai die uie tot gaar. Voeg die vleis by en drukkook 50 min. Voeg die aartappels by. Meng al die ander bestanddele, behalwe die speserye en voeg by die vleis. Sprinkel laastens die speserye oor. Drukkook nog 15 min. Laat 20 min. sonder druk prut totdat die vleis en aartappels lekkker sag is. Sit warm voor met rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 575 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *