Hoender en broccoligereg

Bestanddele
1 gaar hoender
600g bevrore broccoli
250ml mayonnaise
5ml kerriepoeier
1 blik sampioenroomsop
30ml suurlemoensap
60g margarien
300ml vars broodkrummels
250g Gerasperde Cheddarkaas

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Ontbeen die hoender en sny fyn stukkies. Kook die broccoli in sout water vir 5 min. Vul ‘n oondskottel met hoender, broccoli en ‘n sous wat gemaak is van mayonnaise, kerrie, sampioenroomsop en suurlemoensap. Bedek gereg met ‘n mengsel van margarien, broodkrummels en Cheddar kaas. Bak die gereg vir 30 min.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 108 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *