Catherine se Maaskaastert

Bestanddele Kors
½ pakkie Mariebeskuitjies, fyngemaak                   
50ml Margarien, gesmelt
37,5ml Suiker
Bestanddele Vulsel
1 blik (385g) ingemaakte pere, gedreineer                          
2 koevertjies Orley-Whip of 250ml vars room       
250g Gladde maaskaas
25ml kitspoedingpoeier                                                                 
vanilla
Metode
Meng al die korsbestanddele en druk dit op die boom en teen die kante van ‘n tertbak vas.
Rangskik die pere op die kors. Klop die Orley-Whip of room styf. Klop die maaskaas en kitspoedingpoeier by die room in tot goed gemeng. Skep die kaasmengsel oor die pere. Verkrummel ‘n Mariebeskuitjie en sprinkel oor die tert. Verkoel 1-2 uur lank voor opdiening.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 293 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *