Herderspastei

Bestanddele
5 groot aartappels geskil                                                              
1 ui
15ml kookolie                                                                   
500g maalvleis
1 klein blikkie gemengde groente                                            
12.5ml blatjang
Peper                                                                                                    
 1 pakkie sampioensoppoeier
125ml koue water                                                                           
12.5ml margarien
Knippie sout                                                                                      
2ml neutmuskaat
1/2 t Bakpoeier
1 eier geklits in 12.5ml melk    
Melk om by aartappels te voeg                                                     
Paprika opsioneel
Metode
Kook die aartappels in water tot sag. Braai intussen die ui in die olie tot deurskynend. Voeg die maalvleis, gemengde groente, blatjang en peper by. Meng die soppoeier met die koue water en voeg by die maalvleismengsel. Roer goed en sit die deksel op. Kook 20 min. Roer af en toe. Indien die mengsel te droog kook, voeg ‘n bietjie kookwater by. Skep die maalvleismengsel in ‘n gesmeerde oondskottel en hou eenkant. Druk die gaar aartappels fyn en voeg die margarien en melk by. Gebruik genoeg melk in aartappels om die aartappels mooi glad te kry. Meng goed. Voeg die bakpoeier, sout en neutmuskaat by. Meng weer goed. Skep die aartappelmengsel bo-oor die vleismengsel en maak dit gelyk. Giet die eiermelk oor die aartappels en strooi ‘n klein bietjie paprika bo-oor, indien verkies. Bak ± 25 min.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 12,563 times, 5 visits today)
Advertisements
 

4 thoughts on “Herderspastei”

  1. Die melk wat bygevoeg word is nie op die resep nie. Dis net die melk wat met die eier gemeng word wat op is.

     
    1. Goeie More. EK het die resep regestal. Die melk wat bygevoeg word is om die aartappels mooi glad te kry. Jy gebruik genoeg om aartappels glad te kry

       
    1. Nadet so 1/2 teelepel sal reg wees. Dankie dat jy my op die fout gewys het. Ek het die resep ook gewysig.

       

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *