Hoenderborsies met Aarbeisous

Bestanddele Hoenderborsies
4 hoenderborsies                                                                             
500ml (2k) hoenderaftreksel
250g (1 pakkie) groenboontjies                                                  
Bietjie olie
250g (1 pakkie) murgpampoentjies, in repies gesny          
Sout en peper

Bestanddele Aarbeisous
125ml (1½k) Witwyn                                                                        
5ml (1t) suurlemoensap
250g (1 pakkie) aarbeie, gewas en ontstingel, verpulp
5ml (1t) brandewyn                                                                         
Pas gemaalde swartpeper
125ml (½k) ingedampte melk, verkoel in yskas

Metode Hoenderborsies
Kook hoenderborsies in aftreksel tot net gaar. Dreineer en hou eenkant. Giet van aftreksel af en kook groenboontjies en murgpampoentjies tot net gaar in oorblywende aftreksel. Dreineer en hou tot benodig. Verhit bietjie olie in riffelpan en plaas hoenderborsies daarop. Braai tot goudbruin aan elke kant. Skep groente in borde, plaas hoenderborsie bo-op en rond met aarbeisous af.

Bestanddele Aarbeisous
Verhit wyn tot kookpunt en laat borrel tot helfte van wyn weggekook het. Voeg aarbeie, suurlemoensap, brandewyn en swartpeper by. Laat prut vir 1 min en verwyder van hitte.
Klits ingedampte meld tot dik en voeg aarbeimengsel daarby. Hou aan met klits tot goed dik. Sit sous dadelik saam met hoender voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *