Lasagne ~ Onbekend

Bestanddele
300g spinasienoedels
2 uie gekap
1 soetrissie gekap
1 knoffelhuisie fyn
10ml olie
750g maalvleis
2 blikkies tamatiepasta
10ml suiker
150ml kookwater
5ml orego
1,5ml tiemie
5ml swartpeper
5ml geuropwekker
60ml blatjang
500ml basiese witsous
190ml Cheddarkaas

Metode
Kook die noedels en dreineer. Braai die uie, soetrissie en knoffel in die olie tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Meng die tamatiepasta en suiker met die kookwater en roer by die vleismengsel in. Voeg die kruie, speserye en blatjang by. Verhoog die hitte en kook 3 min. Skep noedels, vleis en witsous in lae in die gesmeerde oondskottel. Eindig met witsous en kaas. Bak 25-30 min.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *