Bestanddele
15ml gelatien
125ml koue water
2 blikkies tuna of salm
125ml vars room
2 middelslag dill of argurkies
10ml mosterdsous
10ml worcestersous
2ml aromat
2ml sout
125ml mayonnaise
20ml tamatiesous
10ml pietersielie
Metode
Los die gelatien op in die koue water, verhit oor kookwater totdat opgelos, laat afkoel. Vlok die vis. Klop die room styf en rasper die dill grof. Voeg nou al die bestanddele bymekaar en meng goed. Maak ‘n visvorm nat met koue water en vul met die vismengsel. Laat stol vir 2 ure. Doop die visvorm liggies in kookwater en ontvorm. Garneer met komkommer en tamatieskywe.
(Visited 289 times, 1 visits today)
Advertisements