Hoender in Liqui-fruit

Bestanddele
1 hoender in stukkies                                                                      
1 pakkie sampioenroomsop
5ml gemmer                                                                                       
125ml koekmeelblom
Sout en peper en aromat                                                              
1 middelslag ui
250ml appelkoos Liqui-fruit

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Vee hoenderstukkies af met handdoekpapier. Meng die sop, gemmer, koekmeelkblom, sout , peper en aromat saam. Rol die hoenderstukke in bg mengsel. Braai die hoenderstukkies tot ligbruin aan albei kante in vlak olie. Pak in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Rasper die ui fyn bo-oor en strooi die orige sopmengsel ook oor. Giet die Liqui-fruit oor, bedek en bak vir 1 uur. Verwyder die deksel en sit terug in die oond vir ‘n verdere 30 min. Die hoender moet mooi bruin wees en sous effe dik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,631 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *