Bestanddele
1 groot ui gekap
12.5ml kookolie
10ml kerriepoeier
5ml borrie
25ml blatjang
25ml asyn
5ml suiker
3ml sout
500g maalvleis
2 geelwortels (gerasper)
1 groen appel (gerasper)
125ml water
2 groot aartappels (blokkies gesny)
½ pakkie bruinuiesoppoeier
Metode
Braai die ui 5 minute, stadig in die kookolie. Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng Voeg die blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 min. prut. Voeg die maalvleis en fyn gerasperde wortels by. Roer totdat die vleis lekker los is. Voeg nou die appel en water by en laat 20 min. prut. Roer af en toe. Kook intussen die aartappels sag in water met 3ml borrie. Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75ml water aan en voeg dit by die vleis. Laat 10 min. kook.
cant wait to make this