Pasta en maalvleis – soos mince mate

Bestanddele                                                                                       
500g maalvleis
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 pakkie soppoeier (bruinuiesop werk lekker)
half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, of waarvan die kinders die meeste hou).                     
2 tot 3 koppies kookwater

Metode
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer. Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer. Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om pasta sag gekook te kry. Indien nodig, gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees. As mens nie baie van sout in kos hou nie, is dit nie nodig om sout by te gooi nie. Die soppoeier geur gewoonlik die kos genoeg.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 630 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *