250 ml suiker
250 ml sonneblomolie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
250 ml piesangmoes
250 ml grofgerasperde wortels
125 ml gekapte okkerneute
Verhit oond tot 180ºC. Klits suiker, olie + eiers goed saam. Sif meel, bakpoeier, kaneel en soda saam en meng met suikermengsel. Voeg piesangmoes, wortels en neute by en meng liggies. Skep in panne en maak gelyk. Bak 25 ‑ 35 minute in laagkoekpanne of 45 ‑ 55 minute in vierkantige pan. Keer versigtig uit. Vul en versier met roomkaasversiering. Hou koek in koelkas. Koek vries baie goed.
(Visited 11,752 times, 10 visits today)
Advertisements
Die resep lyk maklik om te maak…dankie
Dit is n heerlike koek