Bestanddele
1 pak spaghetti
1 soetrissie gekap
2 uie gesny
100g swoerdlose bladspek gesny
30ml olie
20ml margarien
500g maalvleis
200ml tamatiepuree
30ml blatjang
150ml water
5ml swartpeper
5ml orego
5ml knoffelvlokkies
250g knopiesampioene
Metode
Kook die spaghetti volgens aanwysings. Braai intussen die soetrissie, uie, en spek in ‘n mengsel van die olie en margarien tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai oor lae hitte terwyl dit gereeld geroer word. Meng die tamatie puree, blatjang en water en voeg dit by die vleis. Strooi die swartpeper, orego en knoffelvlokkies oor en roer goed. Voeg die sampioene by en kook 30 min. Sit voor met die spaghetti.