Bestanddele
1 beesvleisaftreksel blokkie
250ml kookwater
250ml droë appelkose
15ml suiker
1kg skaapskenkels
15ml kookolie
3 groot uie, skywe gesny
1 groot ryp tamatie, skywe gesny
250g jong murgpampoentjies
6 aartappels geskil en kwarte gesny
250g knopiesampioene
2 ml swartpeper
10ml orego
1ml fyn naeltjies
5ml knoffelvlokkies
2ml paprika
Metode
Los die aftrekselblokkie in die kookwater op en giet oor die droë appelkose. Voeg die suiker by en laat 15 min. staan. Gebruik ‘n drukpot sonder die deksel en braai intussen die skaapskenkelskywe in warm olie tot bruin. Voeg die uie by en soteer tot deurskynend. Voeg die appelkose en aftreksel by. Sit die drukpot se deksel op en kook 25 min. Voeg die res van die bestanddele by en prut ongeveer 50 min. Sonder druk tot groente sag is.
(Visited 8,851 times, 1 visits today)
Advertisements