VLEISROLLETJIES

(Ongeveer 150)

Vulsel:
5 aartappels                                                                      
5 uie
2,5 kg maalvleis                                                                
sout, peper, tiemie
neutmuskaat
Kors:
8 k meelblom                                                                    
5 ml kremetart
10 ml sout                                                                          
980 g botter/margarien
4 eiers, geskei                                                     
25 ml suurlemoensap
ongeveer 200 ml yskoue water
Kook die aartappels sag, trek die skille af en druk fyn – hou eenkant.
Braai gekapte uie tot dit deurskyn en voeg die maalvleis by.  Braai die vleis tot gaar en roer deurentyd.  Geur die vleismengsel met sout, peper, tiemie en neutmuskaat na smaak en bind dit met die gaar, fyngedrukte aartappels.
Laat die vulsel afkoel en vorm worsies van ongeveer 30 cm lank.  Verhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate.
Kors:  Sif meel, sout en kremetart saam.  Rasper die botter by die meelmengsel en vryf dit liggies tot krummelrig.  Klits eiergele liggies en meng met yskoue water en suurlemoensap.  Voeg eiermengsel by meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg.  Strooi koekmeel op werkvlak en rol deeg dun daarop uit.  Sny  deeg in stroke van ongeveer 13 x 30 cm.
Sit vleisworsie in die lengte op elke strook, smeer een kant van deeg met geklitste eierwit en vou die ander kant oor.  Druk goed vas en sny worsies van ongeveer 6 cm lank.
Verf eierwit op elke rolletjie en bak dit ongeveer 20 minute lank tot goudbruin.  Pak op draadrak om af te koel.

                                  

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,188 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *