All Gold Pasta Pronta Lasagne

Bestanddele Kaassous
1 sakkie (405g) All Gold Pasta Pronta Creamy Ham and Mushroom pastasous
2 groot eiers                                                                                        
½ koppie (125ml) melk

Bestanddele Vleissous
500g maalvleis                                                                    
5 teelepels (25ml) olyfolie
1 sakkie (405g) All Gold Pasta Pronta Tomato & Garlic pastasous.
½ koppie (125ml) kookwater

Bestanddele Lasagne
Fatti’s and Moni’s Lasagne velle                                                 
1 koppie gerasperde cheddarkaas
Parmesaankaas

Metode
Voorverhit oond tot 180 ºC.

Metode Kaassous
Berei pastasous volgens instruksies op die pak voor. Klits eiers en melk saam, voeg pastasous by.

Metode Vleissous
Braai maalvleis in olyfolie tot bruin. Voeg pastasous en kookwater by en prut vir 5 minute.

Metode Lasagne
Smeer ‘n 24 x 34cm bak en smeer ‘n laag kaassous in die bodem. Plaas ‘n laag Lasagne velle en volg met ‘n laag vleissous. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag kaassous. Strooi gerasperde cheddarkaas en parmesaan oor. Laat staan vir 30 minute. Bak vir 30 minute.
Laat staan vir 5-10 minute na gebak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 153 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *