Bestanddele Groep A
20ml fyn gemmer
30ml sagte bruinsuiker
10ml kerriepoeier
15ml borrie
10ml sout
1ml peper
60ml margarien
5 middelslag uie (gekap)
Bestanddele Groep B
2 Snye witbrood, in water geweek
1 kg maer maalvleis
150ml pitlose rosyntjies
60ml blatjang
30ml fyn appelkooskonfyt
30ml asyn
30ml Worcestersous
30ml tamatiepasta
Bestanddele Groep C
375ml melk
2 eiers
Vars suurlemoenblare of lourierblare
Metode
Verhit al die droë bestanddele van groep A in ‘n swaarboomkastrol. Wees versigtig dat dit nie brand nie. Voeg die margarien en uie by en soteer die uie tot sag. Voorverhit die oond tot 180 °C. Druk die water uit die brood en roer al die bestanddele van groep B by die uiemengsel. Kook 20 min. oor lae hitte. Skep mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Klits die eiers en melk saam en giet oor die vleis. Druk hier en daar ‘n lourierblaar in die vleismengsel en bak vir 45 min. Sit warm voor.
(Visited 254 times, 1 visits today)
Advertisements