Bestanddele
1 kg beesfilet
75ml gerasperde ui
2 knoffelhuisies, gekerf
250g vars sampioene, gekerf
300ml beesaftreksel
25ml sojasous
50ml droë witwyn
75ml mielieblom
5ml droë mosterd
25ml olie
200ml jogurt of suurroom
Metode
Voorverhit die oond tot 160°C. Sny die vleis in dun repies en rangskik in ‘n oonskottel in ‘n enkellaag. Strooi die uie, knoffel en sampioene oor. Klits die aftreksel, sojasous, wyn, mielieblom, mosterd en olie saam en skep oor die vleis. Bedek en marineer vir 2 ure. Bak 30 min. Onbedek. Roer jogurt of room in, plaas die gereg vir 15 min. terug in oond. bedien saam met loemoenrys.