DIE SJAH SE HOENDERKERRIE

1 kg hoenderstukke                                 
40 ml meelblom
15 ml elk olie en botter                           
500 ml warm hoenderaftreksel
2 stukke pypkaneel                                  
2 tamaties, gekap
2 groot uie, gekap                                     
5 ml heuning
2 knoffelhuisies, gekneus                     
2 ml sout
1 stuk gemmerwortel, geskil                
10 ml suurlemoensap
  en gerasper                                               
100 ml sultanas
10 ml kerriepoeier                                    
100 ml karringmelk/room/suurroom
2 ml fyn komyn

Verhit botter en olie, voeg kaneel by en verbruin hoender.  Namate hoender gaarword, plaas stukke terug in bakskottel.  Wanneer gaar, skep uit.  Voeg ui, knoffel, gemmerwortel, kerriepoeier en komyn by panvet en stukke pypkaneel en meng ‘n minuut oor lae hitte.  Strooi meelblom in, roer om te meng en roer dan stadig die aftreksel in.  Voeg tamaties, heuning, sout, suurlemoensap en sultanas by.  Bring tot kookpount, roer en giet oor hoender.  Bak 90 min by 160ºC.  Verwyder pypkaneel.  Giet kartel room/karringmelk/suurroom by en moenie roer nie.  Plaas 5 min terug in oond.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 273 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *