Eenskottel hoender-noedelgereg

Bestanddele
1 hoender (stukke gesny)                                                             
2 blokkies hoenderekstrak
1 – 1½ kop noedels                                                                           
100ml mayonnaise
1 groot pak droë aartappelskyfies (eninge geur – fyngemaak)
400ml witsous                                                                    
50ml gekapte pietersielie
2 eiers geklits

Metode
Was hoender, plaas in kastrol. Voeg ekstrak en bietjie kookwater by en kook tot vleis van bene loskom. Ontbeen hoender en maak vleis fyn. Kook noedels tot sag in soutwater en dreineer. Meng hoender, noedels, mayonnaise en helfte van skyfies en skep in vuurvaste skottel. Meng witsous met pietersielie en eiers en gooi bo-oor. Strooi res van skyfies oor sous. Bak 20-25 minute by 190ºC of tot sous begin verkleur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 373 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *