Geurige hoender en pastagereg

Bestanddele
400g tagliatelle-pasta
25ml olyfolie
20ml botter
4 hoenderborsies, in repies gesny
250g sampioene, gehalveer
1-2 knoffelhuisies, fyngekap
1 pakkie (240 g) son gedroogte tamaties
sout en vars gemaalde swart peper
1 pakkie (125g) basielkruidpesto
40ml koekmeel
40ml botter
350ml melk
150ml gerasperde beleë chedderkaas

Metode
Voorverhit die oond tot 220ºC en smeer ‘n oondbak liggies. Kook pasta in soutwater tot gaar. Verhit intussen die olie en botter en braai die hoender, sampioene en knoffel tot dit begin bruin word. Geur met sout en peper na smaak. Roer die son gedroogte tamaties en pesto by die hoender en laat deurwarm word. Berei intussen ‘n witsous met botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak. Skep die helfte van die gaar pasta in die gesmeerde bak. Skep al die hoender op die pasta en bedek daarna met die res van die pasta. Smeer die witsous oor die pasta en sprinkel die kaas oor. Bak net tot die kaas begin smelt.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 241 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *