HOENDERPASTEI Resep 2

1 groot hoender
50 ml olie
2 uie, fyngesny
750 ml kookwater
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
sout, peper en hoenderspeserye
1 pakkie sampioensoppoeier
250 ml koue water

Kors:
450 ml meelblom
4 t bakpoeier
2ml sout
50g margarien
2 eiers
1 k melk

Vulsel:
Sny hoender in stukke.  Verhit olie in groot swaarboomkastrol en soteer uie daarin totdat dit sag en deurskynend is.  Voeg hoenderstukke, aartappelblokkies, geurmiddels en kookwater by, sit deksel op en stowe tot hoender sag is.  Laat hoender droogkook en braai dit dan stadig bruin.  Ontbeen hoender en sny die vleis in blokkies en plaas vleis terug in kastrol.  Meng soppoeier en koue water, voeg by vleis en prut vir 10 minute.  Skep hoendervleismengsel in reghoekige oondskottel.

Kors:
Sif droë bestanddele saam.  Vryf margarien in.  Klits eiers en melk saam en maak meelmengsel daarmee aan tot slap deeg.  Skep lepelsvol deeg op vleis en versprei egalig oor hele bak.  Bak ongeveer 30 minute lank by 180ºC tot gaar en goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 472 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *