I & F se chips

Was aartappels. Kook aartappels tot byna sag. Moet die aartappels nie skil nie. Haal uit pot en laat afkoel. Sny die aartappels in die helfte en sny elke helfte weer in kwarte. Maak intussen olie warm. Gooi nou aartappels in olie. Gooi ook ‘n bietjie knoffel in die olie, asook ‘n takkie pietersielie. Braai aartappels tot goudbruin. Haal uit en sit op kombuispapier. Gooi in bak en geur met sout en asyn.

Die aartappels het so smakie van knoffel en stukkies pietersielie sit aan aartappels vas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 110 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *