Kerrie en Rys

(100 porsies)

24 medium uie, geskil en gekap
9 knoffelhuisies, geskil en   gekap
190 ml sonneblomolie
20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies
3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies
5 k sultanas
90 ml matige kerriepoeier
80 ml borrie
15 ml fyn koljander
swartpeperkorrels
kruienaeltjies
lourierblare
150 ml asyn
115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml sout
115 ml tamatiepuree
62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous
125 ml blatjang
vleisaftreksel
30 k water om rys in te kook (sout)
13 k rou rys

Metode

Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol. Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank. Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand. Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.

Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 534 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *