KNOFFEL-SAMPIOENDOOPSOUS

6 spekvleisrepe                                                                 
25 ml margarien
2 knoffelhuisies, gekap                                                  
1 k gekapte sampioene
3 ml gedroogde gemengde kruie                               
2 e koekmeel
500 ml melk                                                                         
1 e pietersielie, gekap
sout en varsgemaalde swart peper                             
Verwyder swoerd van spekvleis en sny in fyn stukkies.  Braai tot bros en bruin – hou eenkant.
Voeg margarien by uitgebraaide spekvet en laat dit smelt.  Soteer die knoffel, sampioene en gemengde kruie in die vet tot sampioene mooi bruin is.  Strooi koekmeelblom oor sampioene en roer dit goed deur.  Roer ongeveer 2 min oor lae hitte.  Roer melk geleidelik by en laat dit ongeveer 5 min lank prut terwyl dit aanhoudend geroer word.  Roer pietersielie, spek en sout en peper na smaak by.  Bedien die sous warm.
*Bedien worsies of frikkadeltjies saam met hierdie sous.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 105 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *