Pynappelhoender

Bestanddele
1 ui, gehalveer en in skywe gesny                                             
25ml (2e) sonneblom of olyfolie
1kg hoenderporsies                                                                         
50ml (4e) blatjang
250ml (1k) rou rys                                                                             
750ml (3k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier                                                       
1x 440g blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny

Metode
Braai uie en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur. Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender. Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe. Gooi pynappelstukke en soetrissie by. Laat prut vir 10 min tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 168 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *