Romerige Skaapnek Pot

(Jaco Bronn)
Voorbereidings tyd : 20 min
Bestanddele
2 bottels Knorr Creamy Range Salad Dressing     
2 pakkies bruinuiesop
2 eetlepels kookolie                                                                      
2 kg skaapnek
5 groot uie grof gekap                                                   
500g klein aartappels in skil
Pakkie heel baby marrows                                                          
Pakkie klein heel mielies
Pakkie klein heel wortels                                                              
 Pak sampioene.

 

Metode
Gooi kookolie in pot. Wanneer warm, bruin die vleis bietjie op ‘n slag. Skep uit. Sit 3 grof gekapte uie in pot en braai tot deurskynend. Sprei oop op bodem van pot en skep vleis bo-op. Voeg albei bottels Creamy Range Salad Dressing by vleis. Voeg kookwater by tot vleis bedek is en prut vir 30 min. Voeg klein heel aartappels by en vul op met kookwater tot dit bedek is. Prut vir 60 min. Voeg die res van die groente by, behalwe die sampioene. Prut nog 30 min. Toets aartappels en wanneer dit amper sag is, sit sampioene bo in pot. Prut nog 20 min. Maak bruinuiesop met bietjie koue water aan en voeg by. Werk sop stadig by, sonder om te roer. Voeg sout by na smaak. Prut nog ‘n verdere 10 min. Verwyder van hitte en laat staan vir 10 min. voor opdiening.
Wenk
Kook tyd : 3 Kuier ure. Genoeg vir 8 – 10 mense. Bedien op Geelrys.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,350 times, 1 visits today)
Advertisements