SJOKOLADE NJAM-NJAM MOUSE

Dankie Minette

200 g Cadbury Top Deck sjokolade (in blokkies gebreek)
1 pakkie malvalekkers
Ongeveer 1/4 koppie melk
1 k room
2 eetlepels likeur (opsioneel)

Smelt sjokolade, malvalekkers en bietjie melk saam oor lae hitte / in
double boiler.
Roer baie gereeld – jy wil he alles moet saam smelt sonder om te brand.
Sodra die sjokolade mengsel lekker gesmelt is, haal van plaat af.
Klits die room tot lekker styf.
Voeg likeur van keuse by indien verkies.
Roer alles lekker deeglik in .
Gooi in nagereg glase / teekoppies.
Lewer ongeveer 6 bakkies/koppies.
Plaas in yskas om te stol / vir 2 ure max in die vrieskas om te stol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 188 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *