Bestanddele
12 hoendervlerkies
½ koppie kookolie
1 gerasperde ui
1 teelepel vars knoffel
1 teelepel vars gemmer
1 koppie tamatiesous
1 koppie tamatiepuree
½ koppie asyn
¼ koppie worcestersous
½ koppie bruinsuiker
1 teelepel chilli pasta
1 teelepel suurlemoenpeper
2 teelepel vars suurlemoensap
1 koppie water
sout na smaak
Metode
Verhit die olie in ‘n pot. Soteer ui, knoffel en gemmer vir 4-5 min. Roer oorblywende bestanddele by (behalwe hoendervlerkies) en prut vir 20 minute. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel. Gooi oor hoendervlerkies en marineer in yskas oornag. Bedrup kort-kort terwyl vlerkies gebraai word.
(Visited 547 times, 1 visits today)
Advertisements