SONDE-BROODJIES

(so genoem, want jy pleeg maklik vraatsigheid – dis dem lekker!)
Baie dankie vir jou resep Minette

1 kg / sakkie klaar-aangemaakte witbrooddeeg (koop sommer @ Spar of waar ookal)
1 k   room (ek gooi 1/4 – 1/2 koppie ekstra by omdat ek van bietjie meer sous hou maar dit
 hang af van jou bak se grootte)
1 k   BRUIN-suiker (dit moet bruin wees vir die karamel om te vorm)
Bietjie botter/margarien

Stel oond op 180 grade celsius.
Smeer reghoekige glas oondbak lekker deeglik met botter/margarien
Gooi koppie bruin-suiker in.
Gooi koppie room bo-oor.
Roer effentjies.
Sit deeg op broodplank, en sny in kwarte.  Deel elke kwart dan in 3
ewe groot bolletjies.
Sit bolletjies in room-mengsel
Bak vir ongeveer 45 minute of tot gaar en bolletjies hol klink as jy
daarop klop.
Heerlik by braaivleis!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 383 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *