BEESTONG IN TAMATIE‑SAMPIOENSOUS

1 vars of gepekelde beestong                                 
1 groot ui, fyngekap
30 ml kookolie                                                                
1 x 285g heel sampioene
125 ml tamatiesous                                                      
125 ml asyn
30 ml suiker                                                                     
10 ml aangemaakte mosterd
10 ml sout                                                                        
1 ml peper

As ‘n gepekelde tong gebruik word, moet dit eers ‘n uur lank in koue water uitgevars word.  Bedek die tong met vars koue water en kook dit tot sag ‑ sowat 40 minute in ‘n drukkastrol.  Laat die tong in die tong‑aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies.  Plaas die skyfies in lae in ‘n oondvaste skottel van 20 x 20 cm.
Braai die ui in die kookolie tot sag.  Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 5 ‑ 8 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.
Bak die tong 30 minute lank by 180ºC.  Lewer 6 ‑ 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 457 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *