KERRIEHOENDER MET VRUGTE


 (50 – 60 porsies)
7,5 kg hoenderborsies en dye                                    
8 uie, geskil en gekap
10 knoffelhuisies, geskil en gekap                            
sonneblomolie
150 ml matige kerriepoeier                                          
100 ml borrie
10 ml fyn koljander                                                         
10 ml fyn kaneel
312,5 ml matige vrugteblatjang                                  
sap van 5 suurlemoene
100 ml fyn appelkooskonfyt                                        
37,5 ml sout
7,5 ml peper                                                                       
5 Granny Smith-appels
20 ryp piesangs                                                                 
625 ml sultanas
water
Kook die hoender sag, ontvel, ontbeen en kap in blokkies. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend.  Meng kerriepoeier, borrie, koljander, kaneel, suurlemoensap, appelkooskonfyt, blatjang, sout en peper.  Voeg die mengsel by die hoendervleis, bedek met water, sit die deksel op en prut ongeveer 15 minute lank oor matige hitte.
Rasper die appel en druk die piesangs fyn.  Voeg dit saam met die sultanas by die vleismengsel in die kastrol en laat prut nog 15 minute lank.  Roer gereeld, want dit brand maklik aan na die vrugte bygevoeg is.  Sit die gereg voor met geroosterde klapper en gekookte rys.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 247 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *