LEMOENKOEK

 

 

150 g margarien                                         
750 ml koekmeel
500 ml strooisuiker                                   
15  ml bakpoeier
3 ekstra‑groot eiers, geskei                  
1 ml sout
2 lemoene
Verhit oond tot 190ºC. Smeer 2 panne ‑ 23 cm deursnee.
Meng margarien en strooisuiker deeglik.  Voeg eiergele by en meng goed.  Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Rasper skil van 1 lemoen fyn en druk sap van albei lemoene in ‘n 250 ml maatkoppie uit.  Vul die koppie met koue water tot by 250 ml merkie.
Roer die meelmengsel en vloeistof beurtelings by eiermengsel.  Roer die lemoenskil by.  Klits witte styf en vou in beslag in.
Skep beslag in die koekpanne.  Bak ongeveer 45 ‑ 50 min tot gaar en laat effens in panne afkoel en keer versigtig uit.
Lewer 1 groot laagkoek.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 357 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *