MALVALEKKER-KOFFIE-AMARULA NAGEREG

Baie Dankie vir die resep Malinda
Dit is die laaste resep van die jaar….

So lig soos ‘n soufflé en absoluut heerlik!

20 ml koffiepoeier
125 ml kookwater
300 g malvalekkers
1 x 410 g blik ingedampte melk – verkoel oornag in yskas
30 ml Amarula room
125 ml gekapte neute

Los die koffie in die water op.
Gooi in groterige kastrol en plaas die malvalekkers daarin.
Laat eenkant tot die lekkers feitlik heeltemal gesmelt is.
Klits intussen die koue ingedampte melk tot styf.
Roer die koffie-malvamengsel deur om seker te maak dat al die lekkers opgelos is.
Roer die mengsel dan by die styfgeklitste melk in.
Voeg Amarula en neute by en roer deur.
Skep in individuele glase of in ‘n groot bak.
Plaas in yskas om te stol.
Dien op met room en enige vars vrugte na keuse.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 272 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *