GEBRAAIDE LENDE MET KRUIEBOTTER

1,2 – 1,4 kg beeslenderol                                              
karringmelk
 
Kruiebotter:
50 ml botter                                                                    
2 knoffelhuisies (gekneus)
5 ml mosterdpoeier                                                     
75 ml gekapte pietersielie
50 ml gekapte grasuie                                                 
2 ml droë tiemie
2 ml droë origanum                                                      
5 ml sout

Verwyder toue, enige vet en die dun buitenste vel en plaas vleisrol in ‘n glasbak.  Giet genoeg karringmelk oor om dit mildelik te bedek en marineer 12 – 24 uur in yskas.  Om te braai, droog baie goed af.  Sprei uit of sny oop in vlindervorm deur dit horisontaal in die helfte te sny, driekwart deur vleis en dan soos ‘n boek oop te vou.  Kerf binnekant taamlik diep in, in ‘n diamantpatroon.  Room botter met res van bestanddele en smeer twee derdes oor ingekerfde vleis.  Rol op en smeer res oor bokant.  Skakel oond af en laat 15 min staan voordat dit voorgesny word.
6 – 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 274 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *