HOENDERPASTEI (KNUPPELDIK)

3 eiergele
6 k meel
1½ t sout
750 g margarien
1 t kremetart
¼ k wit asyn
driekwart koppie yswater

Voeg droë bestanddele saam. Rasper en vryf margarien in. Voeg geklitste eiergele, asyn en yswater by. Werk goed deur totdat al die meel ‘n stywe deeg vorm. Plaas deeg in plastieksak en bêre in yskas vir ten minste 8 ure. Verdeel deeg in drie dele en bêre in vrieskas. Soos benodig, haal vorige aand uit, plaas in yskas om te ontdooi. Rol uit en gebruik.

Vulsel:
1 groot hoender
12 peperkorrels
3 naeltjies
2 uie
2 e sago
1 kelkie witwyn
sap van suurlemoen
½ k skulpienoedels
1 hardgekookte eier
1 t Aromat
½ pakkie sampioensop
1 x 285g blikkie gesnipperde sampioene
½ t sout

Stowe hoender met kruie en uie tot sag en ontbeen. Week vooraf die sago tot dit sag is en roer dit by die ontbeende vleis, asook die skulpie-noedels en kook stadig. Sodra die sago en noedels deurgekoop is, voeg wit wyn, suurlemoensap, sampioene en sampioensop by. Roer totdat dit dik en romerig is. Skep die vleis in ‘n pasteiskottel en sny skyfies hardgekookte eier oor. Bedek met uitgerolde deeg, smeer geklitste eier bo-oor en bak in warm oond 190°C vir 15 – 20 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,240 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *