LAAGKOEK

Laagkoek
1 pakkie koekmengsel                                                                  
125 ml olie
180 ml water of 90 ml water + 90 ml suurlemoensap       
5 ml geursel indien water gebruik word
3 eiers
Skud koekmengsel uit in bak.  Maak holte in middel en gooi mengsel van olie, water en geursel in holte.  Meng baie goed.  Klits eiers een vir een by.  Skep in twee gesmeerde panne en bak 20 min lank by 180°C.  Sit aan mekaar met suurlemoenbotter en smeer ‘n laat suurlemoenbotter bo-oor.  Versier verder met room.
APPELTERTE
Verdeel inhoud van een groot blik (900g) tertappels tussen twee gesmeerde tertborde.  Strooi dik laag kaneelsuiker oor appels.  Maak beslag aan soos vir laagkoek, en verdeel tussen twee borde.  Skep ‘n laag appels bo-op.  Bak 20 min lank by 180°C.  Sodra uit oond kom, skep ‘n dik laag kondensmelk bo-op en strooi ‘n lagie amandels en kersies in stukkies gesny bo-oor.
HEUNINGTERT EN SOUTTERT
Maak ‘n beslag aan soos vir die laagkoek.  Skep in twee tertbakke en bak 20 minute lank by 180°C.
Intussen, smelt in kastrolletjie:
125 ml botter                                                                          10 ml marmite
1 t aangemaakte mosterd
Skep oor warm tert en strooi ‘n dik laag gerasperde kaas bo-oor.
Smelt in ander kastrolletjie:
125 g botter                                                                            25 ml heuning en voeg 5 ml gerasperde lemoenskil by
Skep oor die ander warm tert en sit met geklopte room voor.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 181 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *