LEMOENSTROOP


 (Uit Kermiskos)
9 k water                                                                              
2,5 kg wit suiker (12,5k)
gerasperde skil van 8 lemoene                                   
sap van 16 lemoene
2 pakkies sitroensuur                                                      
1 pakkie wynsteensuur
1 pakkie Engelse sout
Steriliseer bottels.  Verhit water, suiker en gerasperde skil in ‘n swaarboomkastgrol oor lae hitte.  Roer deurentyd tot al die suiker opgelos is.  Verhit die stroop vinnig tot kookpunt en haal dadelik van die stoof af.  Meng die lemoensap, sitroen- en wynsteensuur en Engelse sout in ‘n groot hittebestande houer/kastrol.  Giet die warm stroop by die sapmengsel en roer baie goed deur.  Syg deur fyn sif en laat die stroot goed afkoel.
Vul die bottels tot 3 cm van bo af, preserveer en verseël.
Preserveer:  Sit die vol bottels op ‘n draadrak in ‘n groot diep kastrol.  Gooi louwarm water in kastrol sodat bottels tot teen hul nek (gelyk met die vloeistofvlak in die bottels) in die water staan.  Verhit die water tot net onderkant kookpunt en behou die temperatuur ongeveer 20 minute lank.  Die water moenie kook nie.  Haal die bottels uit die water en verseël.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,667 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *