Kors:
2 k bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie
knippie sout
Plaas alles in ‘n houer met ‘n deksel wat seel. Skud die houer totdat ‘n sagte deeg gevorm word. Druk deeg ewe dik uit in ‘n rolkoekpan. Bedek dit liggies met ‘n klam doek en plaas eenkant tot benodig.
Vulsel vir pizza :
1 blikkie tamatie‑en‑uie smoor
1 koppie gherkins, in skyfies gesny (2 grotes)
1 gekapte groenrissie
2 k chedaarkaas, gerasper
1 pakkie spek, klein gesny, en “crispy” gebak
Smeer tamatie‑en‑uie smoor oor basis van pizza. Meng spek, gherkins en groenrissie en gooi bo‑oor. Strooi kaas heel laaste bo‑oor en bak by 180ºC tot goudbruin.
(Visited 4,066 times, 1 visits today)
Advertisements