OOSTERSE FRIKKADELLETJIES

500 g gemaalde varkvleis
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
25 ml pietersielie, gekap
1 ml fyn neutmuskaat
12,5 ml koekmeelblom
1 eier, geklits
1 k klapper
50 ml olie

Meng vleis, sout, swartpeper, pietersielie en neutmuskaat goed saam.  Vorm klein frikkadellletjies.  Meng koekmeelblom en eier, en rol die frikkadelletjies daarin en daarna in die klapper.  Braai die frikkadelletjies stadig in warm olie in ‘n swaarboomkastrol tot gaar.  Ryg dit op peuselstokkies.

Doopsous:
10 ml mosterdpoeier
25 ml asyn
62,5 ml vrugteblatjang
50 ml kweper/appeljellie
Meng mosterdpoeier, asyn, vrugteblatjang en jellie goed saam.  Bedien die frikkadelletjies saam met die doopsous.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *