“Pasta Pot”

Dankie vir die resep Alida Schultz
Hier is ‘n baie maklike en heerlike resep wat mens op die stoof of in n swartpot op die vuur kan maak. Ek doen dit baie keer as ons braai (veral in die winter) op die vuur as die manne braai, dan maak ons net een vuur en almal kuier lekker saam!
Die klomp noem dit “Ali se pastapot” Haha
Bestandele:
1 kg groente
Wortels, groenbone, klein heel uie,botterskorsie(butternut) of patats, murgpampoentjies, sampieoene,blomkool, (basies enige groente van jou keuse) Jy kan ook sommer die pakke bevroere groente gebruik (garden mix) as jy wil, hou dan net in gedagte dat dit vinniger sag kook.
500g Pasta (enige maar ek verkies die gewone ordinere markaroni)
2 koppies gerasperde Cheddar kaas
500ml vars room
5ml sout
5ml origanum
2 knoffelhuisies (fyngekap of meer na smaak)
swart gemaalde peper
Metode
Gooi water, sout,knoffel, origanum en peper in pot en kook groente half gaar, soos mens ‘n potjie maak, die wat hard is soos wortels kan eerste kook en voeg die res geleidelik by.
Die groente moet lae wees nie deurmekaar geroer word en nie pap kook nie.
Laat deksel die laaste ruk af sodat die water effe wegkook.
Voeg pasta by en kook halfgaar. Voeg dan room by en kook alles verder oor ‘n matige hitte sodat room in kan trek. Wanner sag en gaar, voeg garasperde kaas bo-op, maak deksel toe en hou warm. (‘n paar kooltjies kan bo-op die deksel gesit word, dan verbruin die kaas bietjie.
Hierdie “pasta pot”kan soveel mee gespeel word, mens kan enige iets hierby voeg. Ons het al stukke biltong ingesit dan maak ons ;n hele biltongpotjie hiervan. Hoenderstukke is ook heerlik hierin en self vis.
Hoop jul geniet dit!!
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,326 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *